In Nederland werk ons baie met verskillende trappe onderwys:
MBO = dit is 'n technikonstrap waar 'n ou meestal met apparatuur van rekenaars en sagteware werk. Daar is baie bedrywe in hierdie sektor soos:
www.peakit.nl en
www.getronics.nl.
HBO = dit is 'n universiteitstrap waar mense word opgelei vir beroepe. Hier werk 'n ou met projekte en beheer van sisteme. Die meeste adviseurs by rekenaarprojektebedrywe werk op hierdie trap (voorbeelde:
www.getronics.nl,
www.eds.nl,
www.ordina.nl,
www.sogeti.nl,
www.accenturetechnologysolutions.nl ensovoorts). Vergelykbaar met B.COM / B.TECH / B.ENG in Suid-Afrika.
WO = dit is 'n universiteitstrap waar mense word opgelei vir abstrakte probleme. Die meeste adviseurs by rekenaarsadviesbedrywe werk op hierdie trap (voorbeelde:
www.accenture.nl,
www.capgemini.nl,
www.berenschot.nl,
www.ibm.nl,
www.gartner.nl,
www.bearingpoint.nl ensovoorts).
Ek het lanklaas Afrikaans gesels of geskryf maar ek het 'n periode in Suid-Afrika gewoon. :-)